Begin ‘n blog! Skryf ‘n blog! Hoe. de. meh! Wat sê mens? Waar begin mens? Ek speel nou al jare, ja, jare! met hierdie idee. En toe ek nou begin, toe dink ek, jeez, dis eintlik nie so bad nie. Nie so moeilik nie. Aan die begin het ek wakker gelê in die aande omdat ek bly dink het aan goed om te skryf. Opgewonde. Klomp idees gehad, notas gemaak. Nou, lê ek wakker omdat ek geen idee het wat om te skryf nie. Panic oor wat ek moet doen, panic oor hoe gereeld ek moet post. Panic oor julle wag en wag en ek deliver nie. Nou hou die panic my wakker. Ek het geld spandeer om hierdie ding te begin. Gaan dit die moeite werd wees?
So nou en dan kry ek ‘n idee, maar dan moet daai idee vet kry. Inhoud, woorde. Hoe. de. meh! En dan, eweskielik kom die woorde, baie woorde, nice woorde, maar dan dink ek by myself, is ok, dis nie nodig om notas te maak nie, jy sal dit onthou. Want jy sal. Ha! Ek glo myself elke keer. En elke keer vergeet ek. Soos nou. Hierdie post het nogal goeie vet gehad. Maar ja, ek het van beter geweet en nie notas gemaak of al die fancy woorde neergeskryf nie. Nou sit ek.
Ander laat dit so maklik lyk. So asof hulle hele lewe vol content is, probeer nie eers nie. Elke gedagte wat by my op kom wonder ek oor. Is hierdie blog-worthy? My lewe is seker nie so opwindend dat dit op die internet geplaas kan word nie? En dan…hoe lank moet ‘n blog wees? Is daar reëls? Seker nie. Hoe doen hulle dit?

Lewer kommentaar