Ek is besig en nie besig nie. Tussen my werk, my gesin en my sanity kan ek eerlik waar sê daar is dae wat ek al my eekhorings in een boom hou, dan is daar dae wat ek nie omgee waar my eekhorings eers is nie.
Maar ek probeer! Dis wat tel. Ek is besig met die begin van hierdie blog en ek is besig om kop bo water te probeer hou. Ek doen niks onwettings nie, maar daar is dae wat ek dit sterk oorweeg en dae wat ek goed doen waar ek oor myself wonder en my sanity en my bevoegdheid om n volwassene te wees bevraagteken.
Twee of drie ander goedjies hou my wakker in die aande, so bid maar saam dat wat moet gebeur, gebeur en wat nie moet gebeur nie, nie gebeur nie.
It is what it is…
Kliek op die blog knoppie en volg my waar ek myself aan myself probeer verduidelik…net as jy wil.
Lees weer later…
