Koffie proe beter op Vrydae!

Dis persoonlik. Alles is persoonlik!

My eerste post – Hi, my naam is…

Deur

Oscar Wilde het gesê – Be yourself, every one else is taken

So hier is ek. Nes ek is, in al my glorie. My naam is Leentjie. Ek is ‘n mamma van 2 wonderlike kinders, getroud met ‘n lummel vir ‘n man (waarvoor ek baie lief is, natuurlik) en my werk is ‘n storie.

Almal sê begin ‘n blog! Hoe?! Met wat? Ek het geen interessante stories om te vertel nie, my lewe is maar net doodgewoon. Maar dis dalk wat kort daar buite. Iemand wat net praat, om te praat. En iemand wat net lees, om te lees. Ek hoop dit is ek, en jy…

Ek is nie filosofiese nie, so my posts gaan nie noodwendig diep wees of vir julle wat dit lees ‘n ‘ah ha’ oomblik gee nie, maar dis ook OK. Dalk is dit nodig vir mense om net bietjie te kan relate. Ek is ‘n mamma, ek is ‘n “huisvrou” – for lack of a better word, ek is ‘n eggenoot en ek werk. ‘n Allrounder, jack of all trades – julle ken die res. Maar dis OK. Dis oraait as niks exciting elke dag in jou lewe gebeur het of jy ‘n oulike staaltjie het om te vertel oor iets wat klein Piet vandag kwyt geraak het nie. Dis ok as jou posts net daar is. Moenie tips of tricks verwag oor hoe om die beste lasagne te maak of ‘n diep filosofiese ephinany nie. Wie weet, daar mag dalk net ietsie opduik en ons almal verras, ek verras myself elke liewe dag.

Wat ek wel kan sê is dat alles wat ek tik uit my hart kom, dis eerlik, real, rou en dis wie ek is, wat ek is. Oor my gesin, my lewe, my werk. Julle mag dit dalk net geniet. Daar is dalk iemand daar buite wat bietjie overwhelmed voel, iemand wat dalk voel hulle kan nie by hou by die standaarde wat society vir ons stel nie, en net iemand soek met wie hulle, wel, kan relate. Dit is ek, ek is daai. Ek is die vrou met die bolla op die kop en geen makeup nie. Wat angs daagliks as ‘n accessorie dra, en op ‘n goeie dag net een existential crisis het. Wie se kar vieslik vuil binne is, ’cause I can’t be bothered. Wat te laat gaan slaap en hopeloos te vroeg wakker word, want my doom scrolling hobby hou my uit die slaap. Wat al lank al opgegee het om die standards te meet, maar nogsteeds wonder hoe ander dit wel reg kry. Mooi gemakeup, hare gedoen, hoë hakskoene en dan nog tyd vir oefen. Wat myself nog steeds vergelyk en wens. Dis menslik, en dis normaal. Hier word nie voorgegee of gejudge nie. Doodgewoon, niks fout daarmee nie.

Ek gaan nie elke dag post nie, ek het nie naastenby genoeg om te sê nie. So dit mag dalk een keer ‘n week wees, een keer ‘n maand of wanneer daar net miskien ietsie interessant gebeur het en klein Piet het toe rerig iets snaaks kwyt geraak. Ek is nie ‘n storie verteller of skrywer nie, ek is net ‘n meisie (dalk bietjie delusional), vrou (eerder gepas), dame (glad nie) wat net iets anders probeer. Call it a mid-life crisis if you will (daai post sal ook nog kom). Ek maak spelfoute, sorry! en julle mag dalk agter kom die letter “e” op my keyboard werk nie altyd nie- dis ‘n splinter nuwe laptop! – so daar mag dalk hier en daar ‘n eh weg wees. Ek meng my taal en gebruik nie hoëgere woorde nie, die woorde wat ek wel gebruik is dalk helemal in die verkeerde konteks of direk van engels af vertaal dat dit lyk asof ek die wonderlike taal van Afrikaans verkrag…. just bare with me.

Wat ek wel verseker eendag wil deel is ‘n baie spesiale, moeilike, hartverskeurende, siels uitputtende maar belonende en oh-so-worth-while journey waarvan ek die battle scars dra, met trots. Wat nie naasteby genoeg oor gepraat word nie, en as taboo gelable is. Dis dalk ook die rede vir hierdie blog, om dalk my exprience te kan vertel en iemand kan dalk weereens relate en nie totaal en al alleen voel nie. Daar is ‘n baie mooi song, van die Grey’s Anatomy Musical Episode, ja I know, jammer. Dis ‘n cover wat gesing word deur een van die aktrieses, maar so so mooi, sy naam is Breathe – die lirieke “If I get it all down on paper, it’s no longer inside of me, threatening the life it belongs to”, is wat deel maak van my genesing. En Shrek sê ook “Better out than in”. So dis dalk die, ‘n plek om my experiences te deel, ‘n vorm van self preservation, healing en net ‘n manier om alles uit te kry, want ek praat, ek praat baie, al luister almal nie altyd nie. So nou tik ek maar. Op ‘n ander dag.

Ek het onlangs ‘n Yaga winkeltjie gestig. Ja, ek weet, cliché, en dalk bietjie laat om al die hype te vang. Dis meestal net om myself besig te hou, nie dat dit enigsins ‘n vreeslike groot hit is nie. Natuurlik help dit om van al my shit (ja, dit gaan ook hier gebeur, sien, doodgewoon) ontslae te raak. Niks fancy nie, niks groot nie. Ek lys ook nie elke dag goed nie, maar gaan loer gerus. Dalk is daar ietsie vir jou kiddie, jou huis…dames en mans items is nog in the works, vir nou het hulle darm nog ‘n plekkie iewers in ‘n kas en lê nie my hele sitkamer vol nie. Ek sien op daarna om my kas uit te sort en wil my winkel eers bietjie leeg verkoop. Pop in en sê my wat jy dink….https://www.yaga.co.za/loved-by-leentjie. Like die shop, dan kan jy geupdate bly wanneer ek iets laai of ‘n uitverkoping adverteer. Ek wik en weeg natuurlik ook ‘n iets anders, maar dis nog in die baby stages en kort nog baie navorsing en ums en ahs. Ek hou julle op hoogte, daar sal natuurlik ‘n post oor dit ook wees (apie met handjies oor sy gesig emoji). Met dit gesê, ek verkoop ook Annique produkte, volg hierdie link, dan kan jy self bestel en direkte aflewering kry… https://annique.com?ref=603534. Hier sal jul wonderlike vel en gesonheids produkte kan aankoop.

Ek spot altyd en sê ek is maar ‘n flou meisie. Ek hou van Ricoffee koffie, ‘n lekker melk sjokoladetjie en ‘n soet Rosé wyntjie, maar daar ís diep goeters ook so nou en dan. Ek kan nie sê ek is ‘n tipiese, of goeie huismamma nie…ek haat kook, my huis maak my terribly angstig en daar’s hopeloos te veel clutter…in my huis en in my brein. As my man nie kook nie, eet ons nie. Niemand het ons voorberei vir die feit dat die grootmense lewe hoofsaaklik beteken ons gaan elke dag moet uitfigure wat om vir aandete te maak nie en ons gebruik nooit algebra nie. Maar ek is lief vir my gesin, ek sal alles en nog meer vir hul gee, hulle moet net gelukkig wees. My huis is so skoon soos skoon kan kom na ‘n katergorie 3 orkaan a.k.a 2 kinders en ‘n man, maar hy’s meeste van die tyd netjies, of at least probeer ek, so tussen die angs en clutter deur.

Die blog se naam het natuurlik ook niks met die inhoud te doen nie. Vir my is dit net daai aahh gevoel wat jy kry as jy gaan sit na ‘n lang, dol, rig-ma-rol week, en die eerste slukkie van die laaste koppie koffie vir die week vat (want jy gaan mos iets anders as koffie nuttige die naweek mos – inside joke). Dit hit net anders, soos ‘n snoesige kombers op ‘n koue winters aand, of ‘n lekker yskoue gin op ‘n hittige Saterdag middag. Vir ander is daai aah oomblik weer ‘n slukkie tee, wyn, gin? Pick your poison, ek judge nie, remember. Koffie proe net beter op ‘n Vrydag…en Gin natuurlik beter op ‘n Maandag ;O).

Lees weer later…

Posted In ,

One response to “My eerste post – Hi, my naam is…”

  1. Vuurslag Avatar

    Baie welkom hier op WordPress, Leentjie. Mag jy die maksimum genot put uit jou blog en mag ons nog baie artikels soos joune in jou unieke spontane styl lees.

Lewer kommentaar op Vuurslag Kanselleer antwoord